ONS STORIE

ons harte het grensloos

na mekaar toe getrek

tussen Rustenburg en die Kaap

en oor 'n piekniek in 'n reservaat

het ons sterre-wense onverwags

in lyn met mekaar gestaan

ek het vir ewig in jou oë gesien

geweet dat my ja maklik sal wees

en toegelaat dat tyd ons

aan mekaar verbind


-kaalwoorde

JY is my maklikste JA

ons skryf aan ons storie en

elke hoofstuk is sy eie avontuur

ons lê die fondasie vir een word

bou ons droom huis en 'n

lugkasteel of twee op 'n lugballon

tussen spookasem wolke en

jou hand in myne besef ek

vir altyd is net hier by jou

waar ons harte en siele

aan mekaar verbind is

jy is my maklikste ja

wat ek oor en oor sal gee


-kaalwoorde